Huise

 Huise word volgens ‘n “plot en plan” basis verkoop. Sodra die kontrak geteken is, word die huis gebou volgens u individuele behoeftes. U kies self die binne afwerkings, kaste, beligting en elektriese uitlegte.

Bouperiode is tussen 4-6 maande afhangende van munisipale goedkeuring.

A 1.1 TIPE HUISE OM VAN TE KIES:

A-tipe: UITVERKOOP 

B-tipe: 2 Slaapkamers, 1 badkamer, enkel motorhuise (90m2) 
R1 575 000  SLEGS EEN EENHEID BESKIKBAAR

C-tipe: 2 Slaapkamers, 2 badkamers, enkel motorhuis (118 m2) PLAN

R1 850 000 SLEGS TWEE EENHEDE BESKIKBAAR

 D-tipe: UITVERKOOP

 E-tipe: UITVERKOOP

A 1.2 AANSIGTE

'n Verskeidenheid van voor aansigte is beskikbaar en sal selfs die mees kieskeurige koper tevrede stel.

Indien u enige navrae het, kontak ons Bemarkingsbestuurder Liesl Neethling by 082 412 1038 of stuur e-pos

 A 1.3 TERREINPLAN

Alle huise is losstaande om maksimum privaatheid te bied.

Vir beskikbaarheid van eenhede kontak gerus vir Liesl Neethling by 082 412 1038 of stuur e-pos

A 1.4 AFWERKINGSKEDULE

BUITE

1. Dakke: Voorafgeverfde Chromadek sinkplate met ‘n keuse van kleur :

1.1 Dark Dolphin

1.2 Gemsbok Sand

1.3 Kalahari Red

2. Fassies en windvere: Veselsement, geverf.

3. Reënwater toebehore: Aluminium, vooraf geverf.

4. Mure: Pleister en verf

5. Vensterbanke: Pleister en verf

6. Buitedeure: Hout, geverf

7. Motorhuis deure: Metaal, oproltipe, vooraf geverf

 

BINNE

1. Plafonne en kroonlys: Gipsbord, geverf

2. Mure:

2.1 Pleister en verf

2.2 Badkamermure: Teëls op mure 1,500mm hoog

2.3 Kombuis: Teëls op mure 600mm hoog

3. Vloere:

3.1 Kamers: Matte

3.2 Badkamers: Teëls

3.3 Woonkamer: Teëls

3.4 Buite stoepe: Teëls

A 1.5 PRYSE

Die volgende ietms is ingesluit in die pryse gekwoteer:

· Oordragskoste, hereregte

· Toelatings soos gelys op prysskedule

 

Volg ons